Special Collections

Digital Bibliography of Afrikaans Linguistics |  English page Noordwes-Universiteitsbiblioteke tuisblad

DBAT
Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde

Agtergrond

Die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) is 'n omvattende katalogus van Afrikaanse taalkundebronne, en tans is byna 18 000 bronne op hierdie platvorm te vind. Die DBAT is geskoei op die digitale Bibliografie van de Nederlandse Taal- en Literatuurwetenschap (BNTL), wat saamgestel word deur die Huygens Instituut in Den Haag en deur die Bureau voor de Bibliografie van de Neerlandistiek in Brussel, en wat ook die Bibliografie van de Friese Taal- en Literatuurwetenschap insluit. 'n Soortgelyke bibliografie van die Afrikaanse letterkunde (DBAL) is ook beskikbaar as 'n afsonderlike versameling.

Die DBAT bevat aanvanklik slegs rekords oor die Afrikaanse taalkunde en dit word deur personeel van die Vakgroep Afrikaans en Nederlands in die Skool vir Tale aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit saamgestel, met prof Adri Breed as die huidige projekleier en eindredakeur. Dit word moontlik gemaak deur 'n ruim borgskap van die Fonds Neerlandistiek Suider-Afrika (gekoppel aan die Universiteit van Stellenbosch) en met die tegniese en logistieke ondersteuning van die Ferdinand Postma-Biblioteek van die NWU. Vroeëre finansiële ondersteuning deur die PUK-Kanselierstrust van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) word ook met groot dank erken.

Terug na DBAT

 

Kontakinligting

Stuur u kommentaar aan prof Adri Breed (Adri.Breed@nwu.ac.za) of skakel +27 (0)18 299 1563.

In die geval van ontbrekende inligting, stuur volledige gegewens aan prof Adri Breed (Adri.Breed@nwu.ac.za).

Terug na DBAT

 

Kopiereg

Die samestellers van hierdie bibliografie is deeglik bewus van die problematiek van outeursreg en ons het gevolglik probeer om waar moontlik die nodige outeursreg vir publikasies te bekom. Dit was nie altyd moontlik nie en daarom het ons toestemming by die redakteurs van tydskrifte gevra (en gekry) om wel artikels uit die betrokke tydskrifte hier op te neem. Ons versoek verder dat diegene wat beskik oor inligting oor outeurs, ons asseblief sal kontak ten einde die inligting aan ons te verskaf sodat ons deur die nodige prosesse kan gaan om wel die nodige toestemming, waar ter sake, te verkry.

Die materiaal wat in hierdie bibliografie voorkom, is slegs bedoel vir akademiese en opvoedkundige gebruik en het gevolglik geen kommersiële voordele in gedagte nie.

Prof Adri Breed

Mev C Schutte

Terug na DBAT

 

Geskiedenis

Die DBAT is die resultaat van 'n sestien jaar lange proses (wat begin het in 1994) om die bibliografie saamgestel te kry. Hierby aangeheg dokumente wat stappe in die proses beskryf.

Terug na DBAT

 

Nuus

Hierdie afdeling gaan gebruik word om nuusmededelings oor aspekte van die ontwikkeling van die DBAT te maak.

Terug na DBAT

 

Skakels

BNTL Bibliografie van de Nederlandse Taal- en Literatuurwetenschap(BNTL)
Openlanguages logo Openlanguages
VIVA VIVA: Virtuele Instituut vir Afrikaans

Terug na DBAT